Be The Gift You Bring!Be The Gift You Bring!Be The Gift You Bring!



 
 
 
 
News

LATEST UPDATE

Update: Abandoned toddler:- Mother has been charged at Moffatview SAPS with child neglect and arrested and detained. Toddler has been placed with social services and Child Protection Unit.

Thanks to all involved.

Update: Abandoned toddler:- Mother has been charged at Moffatview SAPS with child neglect and arrested and detained....

Posted by Glenvista Community Policing Forum on Saturday, June 13, 2015


Die kleuter wat naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is.

Michelle Pelser, woordvoerder van die Mondeor-gemeenskapspolisiëringforum (GPF), het Saterdag aan Maroela Media gesê die kind se ouers is steeds nie gevind nie. “Lede van die gemeenskap het ʼn man met die seuntjie sien stap weg van The Glen-inkopiesentrum af. Hulle het die man gestop en gevra waar hy die seuntjie kry en hy het gesê hy het die kind by die inkopiesentrum gekry en hy is op soek na sy ouers,” het Pelser gesê.

Die gemeenskapslede het die seuntjie teruggeneem na die sentrum en by die veiligheidswagte navraag gedoen. Hulle het egter nie die seuntjie herken nie en gesê niemand het ʼn vermiste kind aangemeld nie. “Ek het toe ʼn saak by die Mondeor-polisiestasie oopgemaak en sedertdien is ons dringend op soek na hierdie kind se ouers,” het Pelser gesê.

ʼn Polisiebeampte by die Mondeor-polisiestasie het aan Maroela Media bevestig ʼn saak is oopgemaak en die ouers van die kind word steeds gesoek.

Die seuntjie is tans in ʼn plek van veiligheid totdat sy ouers opgespoor kan word. Volgens Pelser is hy nie in staat om te sê wat sy naam is of wie sy ouers is nie. “Hy lyk egter glad nie getraumatiseerd nie en hy is ook nie beseer nie. Hy was aanvanklik baie stil gewees, maar hy lyk eintlik oukei,” het sy gesê.

Pelser het gesê hoewel die seuntjie se foto al wyd op sosiale media en gemeenskapsforums versprei is, het niemand hom nog geëien nie. “Daar het in ʼn stadium mense ons gekontak en gesê dit kan moontlik hulle kind wees, maar dit was toe ouers van ʼn ander kind wat ook glo onlangs in die area vermis geraak het. Hulle het nie die foto’s van die seuntjie gesien nie. Hulle het net gehoor ʼn kind is gevind en toe dadelik gedink dit kan moontlik hulle kind wees,” het sy verduidelik.

  

Gerugte dat die polisie weet wie die kind se ma is en dat sy glo gereeld haar kinders verlate êrens laat, kon nie deur Pelser bevestig word nie. “Ons weet nie waar daardie gerugte vandaan kom of wie dit versprei nie. Ons volg alle leidrade op, maar daardie inligting is nie bevestig nie. Ons weet nie in hierdie stadium wie die seuntjie se ouers is nie.”

Enigiemand wat die seuntjie herken of meer inligting oor die saak het, kan 011 432 6050 skakel.

Source: Maroela Media

13.06.2015
 


Share this with Friends
Comments
Order by: 
Per page:
 
  • There are no comments yet

Actions
Rating
3 Votes