Be The Gift You Bring!Be The Gift You Bring!Be The Gift You Bring!



Article

Kliënte van Standard Bank gaan Sondag 15 Maart nie toegang tot sekere bankdienste hê nie.


Dié bank sukkel nou al geruime tyd met onder meer die opgradering van sy internet- en mobiele bankdienste en kliënte is nou al gewoond aan die SMS of e-pos wat hulle hierteen waarsku. Daar was in Augustus en September 2014 ook heelwat probleme met Standard Bank se krediet- en debietkaarte wat kliënte verleë by die kasregister gelaat het.


Sondag gaan die bank se stelsels egter selfs erger geraak word. Die bank het Woensdag gesê ’n beplande stelselopgradering sal dan plaasvind wat die vermoë van sy kliënte om deur die loop van die dag sekere banktransaksies te doen gaan raak. 


Die opgradering begin om 01:30 en eindig om 23:00. Kliënte sal wel kontant by kitsbanke kan trek en hul debiet-, tjek- en kredietkaarte kan gebruik om betalings te doen.


Standard Bank New Building Illustration


“Ons verstaan die frustrasie en impak wat die vebreking in dienste op kliënte het en vra om verskoning vir die ongerief,” sê Funeka Montjane, Standard Bank se hoof van persoonlike en sakebankdienste.


“Ons vra kliënte om asseblief geduldig met ons te wees gedurende die tyd en terwyl ons werk aan die opgradering van ons bankgeriewe met die doel om beter dienste aan ons kliënte te lewer.” Standard Bank het ook kliënte aangeraai om vooruit te beplan. Doen betalings of transaksies met internet- of selfoonbankdienste voor Sondag. Oorweeg dit ook om voor Sondag kontant te trek.


Standard Bank Logo

Vir enige navrae kan kliënte Standard Bank by 0860 123 000 bel.

Source: Netwerk24

12.03.2015
 


Comments
Order by: 
Per page:
 
  • There are no comments yet

Rating
1 Votes

Updated SA Jobs

Share this with Friends
Actions