Be The Gift You Bring!Be The Gift You Bring!Be The Gift You Bring!



Article


(Daniel) Ons klompie hier by Front Nasionaal het die afgelope paar dae maar die hele lawaai rondom Vinette Ebrahim so gesit en bekyk.

Vandat haar plasing, waarin sy geen probleem met die moord op blanke mense sien nie, die lig gesien het, dwarsdeur haar treurmare van ‘n onderhoud met News 24 waarin sy hartroerend vertel van die angs om snags wakker te lê en te wonder wanneer ‘n klop aan die deur om 3:00 soggens is om haar pa te kom haal...’n hele sepie op sy eie.

 

Een ding gee ek haar toe: Sy is gladnie ‘n slegte aktrise nie- sy het ons amper oortuig!

 

Maar ek wil haar darem graag twee vragies vra:

 

1.) Jy assosieer nie met die blanke bevolking nie. Volgens jou was die blanke apartheidsregering een van onderdrukking en miskenning. Nou hoe kry ek nou die kloutjie by die oor? Waarom sou jou pa om drieuur soggens wakker lê om te wag vir arrestasie? Die apartheidsregime het mos nie hulle eie ondersteuners gearresteer nie!

 

En moet nou nie vir ons kom probeer wysmaak dat jou pa nie die apartheidsregering gesteun het nie. Carter Ebrahim was Minister van Onderwys in die Huis van Verteenwoordigers in PW Botha se Driekamerparlement tot 31 Januarie 1988.

Dit was hy wat op 1 Oktober 1985 ‘n aantal bruin skole gesluit het vanweë onluste by daardie skole teen die apartheidsregering, ten spyte van hewige kritiek deur ander bruin leiers, onder meer Franklinn Sonn. Dis glashelder dat sy vrywillige deelname aan ‘n apartheidstruktuur, soos die Driekamerparlement van PW Botha, van hom ‘n vrywillige ondersteuner van die regime maak.

 

Jy sal dus heelwat meer oortuigend moet wees om ons daarvan te oorreed dat hy rede gehad het om die regering te vrees, en baie beslis nog minder sou die gesin van ‘n dienende minister juis gereken kon word as “verdruktes” deur dieselfde owerheid wat die hoof van die huis se salaris betaal het! Inderwaarheid lyk dit vir my of jy redelik baat gevind het uit die apartheidsregering! So verduidelik dan vir ons waarom jy eintlik snags wakker gelê het...nie dat enigiemand dit vir ‘n oomblik geglo het nie.

 

2.) Wag, ek is nog nie klaar nie! Dis derhalwe duidelik dat jy die voormalige blanke owerheid verkwalik. Dus veronderstel ek dat jy jou skaar by die bruin of kleurlingmense wat, al was jy dan nou nie een van die “verdruktes” nie, regtig “gestruggle” het?

 

Wie is hierdie mense vir wie jy nou skielik so jammer voel? Is dit dieselfde bruin bewonderaars wat in 2008 by die Aardklop Kunstefees op jou afgestorm het omdat hulle graag “Charmaine van 7e Laan” se hand wou skud en jy geweier het om voort te gaan met jou vertoning voor daardie gehoor?

Miskien het jy jou stelling oor hulle vergeet in die media-onderhoud pas na die insident, so kom ek verfris jou geheue: “...ek was skaam om ‘n bruin mens te wees.” Kan jy onthou? Dieselfde onderhoud waarin jy oor jou apartheids-minister pa gesê het: “...ek is trots op wat hy vir ander beteken het....” Maak dit vir jou sin? Ek hoop so, want vir my klink dit na naakte opportunisme.

 

So, by wie skaar jy jou dan tog? Seker nie by die Reënboognasie nie, want die een groep van die Reënboognasie verag jy as verdrukkers wat nie die reg het om te kla as hulle vermoor word nie, en ‘n tweede groep skaam jy jou voor omdat jy jouself verhewe bo hulle openbare gedrag beskou.

 

My laaste vraag is dus aan Danie Odendaal, die vervaardiger van 7e Laan: Meneer Odendaal, dis duidelik dat “Charmaine” nie hou van jou blanke kykers nie, en ook nie van jou bruin kykers nie. Het jy genoeg Chinese kykers en swart kykers om haar teenwoordigheid op stel langer te regverdig, want ek verseker jou: Niemand is juis meer lus om in haar gesig vas te kyk nie.

 

‘n Mens se oggend- en aandpraatjies kan darem wragtig nie so verskil nie! Wanneer raak jy van haar ontslae?

 


Department Inligting

Front Nasionaal Suid Afrika

25.02.2015
 


Comments
Order by: 
Per page:
 
  • There are no comments yet

Rating
1 Votes

Updated SA Jobs

Share this with Friends
Actions